DIENSTE

Forum Sekuriteit bied die volgende dienste:

Sekuriteit – Wagte

Visie/missiestelling

Ons visie is die daarstel van ’n effektiewe, doeltreffende en proaktiewe sekuriteitsdiens.

Die wagtedienste sluit in:

  • Wagte
  • Kringtelevisiekameras
  • Monitering

Forum Sekuriteit is ’n PSiRA-geakkrediteerde maatskappy wat gemoedsrus skep deur sekuriteitsdienste te verskaf by onder meer kantoorblokke, winkelsentrums , koshuise, ondernemings en skole.

Al ons wagte het Forum Sekuriteit se geakkrediteerde opleidingsprogramme deurloop om te verseker dat elkeen die kliënt se behoefte verstaan en vinnig by veranderende omstandighede kan aanpas. Om voorkomend te kan optree, is dit belangrik dat ’n risiko-ontleding gedoen word en die dienslewering daarvolgens aangepas word.

Alle wagte:

  • sal ’n voorafgoedkeuringsproses ondergaan;
  • deurlopende en toepaslike opleiding ontvang;
  • moet by PSiRA geregistreer wees;
  • word volgens die kliënt se behoeftes en ingevolge die uitkomste van toepaslike risiko-assessering geplaas; en
  • se kredietrekord sal nagegaan word.

Wagte se verantwoordelikhede sluit die volgende in:

  • Beheer van toegang.
  • Visentering op die voorgeskrewe wyse;
  • Uitreik van toegangspermitte;
  • Ontvang en versending van goedere.
  • Verskaffing van ontvangs- en begeleidingsdienste
  • Uitvoer van patrollies.

Wagte word uitgereik met voldoende toerusting. Hulle word ook voorsien van netjiese uniforms en ’n naamplaatjie waarop hul PSiRA-registrasienommer aangebring is. Die wagte word beheer en gemoniteer deur Forum Sekuriteit se beheerkamer.

Veiligheid – Batebeskerming

Visie/missiestelling

Die batebeskermingseenheid se visie is om die grondwetlike regte van gemeenskappe, veral kwesbare gemeenskappe te beskerm deur ’n effektiewe batebeskermingseenheid daar te stel en te bedryf en sodoende ’n effektiewe eenheid daar te stel om kliënte se bates, mense, leerders en personeel effektief en binne die raamwerk van die wet tydens onlussituasies en optogte te beskerm.

Die batebeskermingsdienste sluit in:

  • Stigting van formele polisiëringforums.
  • Samewerking met die reeds gevestigde buurtwagte en takke.
  • Verskaffing van sekuriteit en opleiding asook monitering van kwesbare gemeenskappe.

Beskerming van bates en personeel gedurende onluste

Forum Sekuriteit-personeel word noukeurig gewerf, gekeur en opgelei in verskeie aspekte van die beskerming van bates en personeel in die geval van onluste. Personeel word met die nodige uitrusting toegerus om die situasie doeltreffend te kan hanteer.

Opleiding

Visie/missiestelling

Opleiding se hoofdoelwit is om ’n bemagtigingsmedium te wees en strukture, takke, gemeenskappe, ondernemings en die individue te bemagtig met kennis, praktiese ervarings en volgehoue opleiding wat tot voordeel van die kandidaat, gemeenskappe en ondernemings strek.

Opleiding sluit in:

  • PSiRA Graad E
  • PSiRA Graad D
  • PSiRA Graad C
  • PSiRA Graad B
  • PSiRA Graad A
  • Brandbestryding Vlak 1
  • Noodhulp Vlak 1
  • Noodhulp Vlak 2
  • Algemene sekuriteitspraktisyn
  • Spesialissekuriteitspraktisyn
  • PPC Hommeltuig
  • RPL Hommeltuig
  • Fasiliteerder
  • Assessor
  • Modereerder

Die fokus is om die gehalte en deeglikheid van die opleiding op ’n hoër standaard te lewer. Dit behels die ondersteuning en uitbouing van gemeenskappe se weerbaarheid, veiligheid en vooruitstrewendheid deur die voltooiing van opleidingsdoelwitte wat belyn is met die gewenste uitkomste tot voordeel.

Kameramonitering – Beheerkamer

Visie/missiestelling

Die beheerkamer se visie is om deur middel van moniteringsdienste effektiewe, doeltreffende, proaktiewe en reaktiewe bystand aan die Beweging se instansies, kerngemeenskappe en ondernemings te bied. Die beheerkamer maak gebruik van die nuutste tegnologie wat monitering aanbetref en ook monitering op ’n 24/7-basis.

Die beheerkamerdienste sluit in:

Monitering van die volgende 24 uur, 7 dae per week:

  • sakepersele met of sonder wagtekomplement
  • koshuise
  • skole
  • ouetehuise
  • toegangsroetes in landelike en stedelike gebiede
  • woonbuurte
  • veiligheidskomplekse
  • woonstelblokke
  • installering van kameras
  • noodgevalreaksiedienste

Dié dienste word direk vanuit die mobiele beheerkamer gereguleer, wat die situasie noukeurig moniteer en inligtinggedrewe aksies tot gevolg het. Die mobiele beheerkamer skakel ook met lugsteun in die vorm van hommeltuie om die situasie gereeld te moniteer.

Risiko-assessering van geboue en terreine

Beheerkamers is noodsaaklik vir organisasies om veelvuldige inligtingstrome doeltreffend te moniteer en akkurate besluite te neem. Met ’n steeds toenemende aantal inhoudsbronne en toepassings om te bestuur, benewens samewerkende inligtingsintegrasiebehoeftes, moet vandag se beheerkamers doeltreffende en koste-effektiewe stelselbestuur moontlik maak, terwyl dit terselfdertyd maksimum operateursgerief bied. Dit is juis vir hierdie rede dat Forum Sekuriteit alarmmoniteringstegnologie vir swartskermvideo’s ontplooi het vir die monitering van geslotekringtelevisiekameras. Hierdie tegnologie is nie net operateursvriendelik nie, maar bied intelligente monitering van voertuignommerplate, gesigsherkenning, onderskeiding tussen mense, motor, diere en baie meer.

Kamera-installeringspakkette

Forum Sekuriteit het kontrakte met verskeie geslotekringtelevisieverskaffers van kameratoerusting sowel as installeerders en vervaardigers van geslotekringtelevisiemonteerstukke en -pale. As gevolg van hierdie netwerk van leweransiers is dit moontlik vir Forum Sekuriteit om ’n volledige diens te lewer vir alle kringtelevisekamerabehoeftes. Stuur gerus ’n e-pos aan info@forumsekuritet.co.za vir meer inligting.

Bykomende dienste

Visie/missie

Ons fokus is die daarstel van effektiewe, doeltreffende en proaktiewe bykomende dienste en om produkte te lewer wat die strukture, takke, gemeenskappe en die individue bemagtig met kennis, praktiese ervarings en die nodige kwalifikasies.

Die bykomende dienste sluit in:

  • veiligheid
  • poligraaf vir organisasies
  • nabye beskerming (BBP)

Forum Sekuriteit se doel is om veiligheid in gemeenskappe en ondernemings te verhoog, sowel as by openbare en privaat skole. Die doelstelling is haalbaar d.m.v. veiligheid, opleiding, beheerkamer- en batebeskermingsdienste van hoë gehalte wat Forum Sekuriteit bied en bedryf. Die fokus is om lewe, vryheid, waardigheid en sekerheid van ’n persoon d.m.v. die bevordering van grondwetlike regte vir ondersteuners en die algemene publiek te bevorder.